FARMER Kwaliteit pekanneute uit die Bo-Karoo

                                                             info@karoopekans.co.za

Kwaliteit

  • Karoo Pekans se pekanneute word self ge-oes om die hoogste kwaliteit te verseker, persoonlik met die hand uitgesoek en vakuumverpak om die beste kwaliteit in te seël. Geen gifstowwe word gebruik tydens die verbouing van ons pekaneute nie. Waar moontlik word van organiese bemes-tingstowwe gebruik gemaak.

    Kwaliteit word verder verseker deur korrekte verpakking en bergingsmetodes te volg. Hiervolgens kan neute tot 18 maande gestoor word en nog dieselfde smaak en tekstuur hê soos die dag toe dit verpak is.

  • Stikstof byvoeging tydens verpakking en laë bergingstemperature verseker behoud van kleur, tekstuur en aroma.

  • Neute wat korrek geberg word, sal die smaak, kleur en voorkoms deur die jaar behou. Kwaliteit word gekemerk deur 'n bros en ferm kern en 'n neutsmaak wat goed ontwikkel is. Kerne moet 'n roomkleur hê.

Kontak ons gerus by:
info@karoopekans.co.za

Welkom!

Karoo Pekans se visie is om net die beste kwaliteit neute beskikbaar te stel aan die Suid-Afrikaanse publiek regdeur die jaar.

Karoo Pekans se pekanneut boorde word biologies bewerk. Geen gifstowwe word gebruik om plantsiektes te bestry nie. Bemesting is van natuurlike oorsprong. Boorde word volgens die EuropGap metode bedryf.
Karoo Pekans se verwerkingsaanleg is geleë op Orania in die Bo-Karoo - Oranjerivier gebied. Net die hoogste standaarde om voedselkwaliteit en voedselveiligeid te verseker word gehandhaaf.

Karoo Pekans groei in 'n A-graderings gebied. Die Bo-Karoo Oranjerivier gebied is van die beste pekanneutgebiede in Suid-Afrika. Die gebied beskik oor lang, warm en droeë somers, 'n kort winter met ryp, asook oor genoeg water. Karoo Pekans groei in amper ideale ekologiese toestande.
Bron : Die verbouing van pekanneute, Instituut vir Tropiese en Subtropiese gewasse, Landbou Navorsingsraad, E.A. de Villiers