Pekanneut Produkte

Pekanneute word allerwee beskou as een van die gesondste van alle neute en lewer ‘n waardevolle bydrae  tot die veld van voorkomende gesondheid. Bewyse bestaan wêreldwyd dat die gereelde gebruik van pekanneute voorkomend is tot verkeie siektes soos hartsiektes en voorkoming van kanker. Pekanneute kan ook beheer uitoefen op suikervlakke en cholesterolvlakke indien dit in die regte hoeveelhede ingeneem word.

Karoo Pekans se pekanneute word self ge-oes om die hoogste kwaliteit te verseker, persoonlik met die hand uitgesoek en vakuumverpak om die beste kwaliteit in te seël. Geen gifstowwe word gebruik tydens die verbouing van ons pekanneute nie. Slegs organiese bemestingstowwe word gebruik.

Karoo Pekans voorsien produkte aan die publiek en kleinhandel.

Natuurlike Pekanneute

Vakuum pekanneute heel500gR180
Vakuum pekanneute heel300gR120
Winkel verpakking heel300gR120
Winkel verpakking heel100gR40

* Oesjaar 2024 teen 50% afslag