Te Ete, Te Drinke, Te Kuier
By Karoo Pekans Koffiewinkel bied ons eie heerlike vars gebakte produkte saam met ‘n koppie Boeretroos of ‘n koue somersdrankie. Soek daardie spesiale geskenk uit en kies vanuit ‘n verskeidenheid pekanneut verpakkings om net die regte vars of verwerkte pekanneut produk vir iemand spesiaal te kry.
Karoo Pekans bedryf ook ‘n verwerkingsaanleg waar ons eie boorde se pekanneute uitgedop en verwerk word. Hierdie boetiek aanleg is seisoengebonde en word gedurende die wintermaande bedryf. Besoekers na die pekan aanleg is welkom. Demonstrasies kan per afspraak gereel word.
Karoo Pekans Koffiewinkel se onderdak area bied plek vir ‘n verskeidenheid geleentheidsfunksies.
Bespreek jou spesiale funksie of toer na een van ons boorde.
Ons bied ‘n verskeidenheid dienste en is bereid om die ekstra myl te stap om dit vir jou ‘n onvergeetlike ervaring te maak.
Karoo Pekans se winkel is oop op Ma-Vr 08:-17:00 en Sat 08:00 – 13:00