Funksies

Karoo Pekans Koffiewinkel se onderdak area kan gehuur word om kleiner funksies of privaat vergaderings aan te bied . Kontak ons gerus om u funksie te bespreek of stap enige tyd in om ‘n lekker wel verdiende koffie en ‘n lekkerny te geniet terwyl ons gesels oor u spesifieke behoefte.

Toere

Ons vergesel u graag na een van ons boorde om die praktiese aspekte van elke seisoen te bespreek. Kennis is mag en ons deel graag maar leer ook weer graag van ander.

Boord Trou- en Familie Fotos

Ons sal u bystaan met reelings om u trou geleentheid of spesiale geleentheid fotos te laat neem in een van ons boorde. Ons weet net wanneer daardie spesiale oomblik op sy beste gaan wees en kan aanbevelings maak om die geleentheid onvergeetlik te maak.